MigaSample

Lees: Miga 6:9-16; Job 40:1-9
SOAP: Job 40:3-4
Miga openbaar weer die sondes van die mense. Hy praat vandag oor die verkopers en handelaars wat onbetroubare weegskale en vals gewigte gebruik het. Hulle het die armes en behoeftiges beroof om meer rykdom vir hulself op te bou.
Ons mag dalk nie hierdie misleidings sien nie, maar God sien dit. Ons het reeds gesien hoe Hy omgee vir die armes, so ons weet dat Hy hierdie sonde nie sal ignoreer nie. Handelaars het die mense uitgebuit deur hulle buitensporige pryse te laat betaal, maar hulle sou maai wat hulle saai. Dit is 'n basiese beginsel wat ons in die Woord van God sien (Galasiërs 6: 7-8). God kan nie mislei word nie.
Wat jy saai, sal jy maai. Wat maai jy? Wat sal jou vrug wees? Die boer wat koring saai, kan verwag om koring te maai, nie appels nie. As gevolg van hul optrede sou hierdie ryk manne nie genoeg kry wanneer hulle geëet het nie. Hulle sou nie olie of wyn gehad nie, al het hulle olywe en druiwe getrap. Hulle het onreg teenoor ander gepleeg en dit kom nou terug na hulle toe.
Hemelse Vader, help my om versigtig te wees met die dinge wat ek saai. Help my om alles wat ek het te gebruik om die dinge van die Gees te bevorder en om 'n groot oes vir u glorie te hê. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Related Plans

Connect With God Through Solitude | 7-Day Devotional

Legacy: Maximizing Your Impact

Put Down Your Phone, Write Out a Psalm

Restored: When Who You Are Starts to Slip Away

The Biscuit Trail

Faith in Trials!

Win Your Child’s Heart

Chosen for Love: A Journey With Jesus

The Gospel Way Catechism
