MigaSample

Lees: Miga 5:6-8; Handelinge 17:11-4 en 18:1-4, 24
SOAP: Miga 5:6
Miga belowe die volk van Juda dat God hulle nie vir ewig sal vernietig nie. Die oorblyfsel van Jakob sal in die midde van baie mense wees wanneer die Messias in Jerusalem heers. Dit is 'n belofte wat hulle harte sekerlik bemoedig het.
Ons het in die geskiedenis gesien hoe hierdie belofte vervul is. Al die Skrifgedeeltes wat ons in die boek Handelinge lees, vertel die verhaal van Jode wat by die voete van Jesus was en onder vreemdelinge gewoon het. Ons lees van sinagoges in Tessaloníka en Korinte, beide Griekse stede. Ons lees van name soos Akwila en Priscilla, Jode wat in Rome gewoon het, en Apollos, 'n Jood uit Alexandrië, Egipte.
Die Jode is deur die geskiedenis heen op verskriklike maniere vervolg. Tog is hulle in baie lande regoor die wêreld gevestig, hulle leef in verskillende plekke en kulture, maar behou steeds hul Joodse tradisies en leefwyses. God sorg vir hulle.
Ek is 'n buitelander in die land waarin ek woon, maar is ons almal nie maar buitelanders in hierdie wêreld volgens 2 Petrus 2:11 nie? God sal vir jou as vreemdeling in hierdie wêreld sorg. Hy sal jou nie in die steek laat nie!
Liewe Vader, oor die eeue heen het U vir u volk gesorg en hulle teen allerhande kwaad beskerm. U is getrou aan u beloftes aan Israel en ook aan my. Dankie Here dat U na my omsien as vreemdeling in hierdie wêreld. Help my asseblief om te onthou dat ek 'n burger van die hemel is. In die Naam van Jesus, amen.
About this Plan

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Related Plans

Connect With God Through Solitude | 7-Day Devotional

Legacy: Maximizing Your Impact

Put Down Your Phone, Write Out a Psalm

Restored: When Who You Are Starts to Slip Away

The Biscuit Trail

Faith in Trials!

Win Your Child’s Heart

Chosen for Love: A Journey With Jesus

The Gospel Way Catechism
