Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa DeoSample

Toewyding
Ons wil jou aanmoedig om ‘n daaglikse gewoonte te kweek om kwaliteit tyd saam met die Here deur te bring: tyd in gebed, die Woord en lofprysing. Maak die tyd en die plek vas – en sluit by ons aan vir hierdie toegewyde reis.
Jy kan hierdie 5 stappe elke dag volg soos jy deur die leesplan werk:
1. Bid
2. Lees die daaglikse skrifgedeelte (indien moontlik lees die hele gedeelte waaruit die spesifieke teksvers(e) kom)
3. Oorweeg die punte
4. Pas dit toe op jou lewe (dit mag help as jy jouself die volgende drie vrae afvra):
- Wat wil die Here vir my sê of waaraan herinner Hy my oor Homself? (inspirasie)
- Wat sê dit oor myself? (implikasies)
- Wat wil die Here hê moet ek doen met dit wat ek ontdek het? (toepassing)
5. Sluit af met gebed, en bid ook deur die gegewe gebedspunte.
Onthou dit is die gesindheid van ‘n hart wat opreg fokus op God wat belangrik is in hierdie tyd. Mag die Here jou ryklik seën soos wat jy kwaliteit tyd saam met Hom deurbring oor die volgende paar weke.
Week 1 - Met jou hele hart
Dag 1
Markus 12:30-31 (ANV) "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Maar langs hierdie opdrag staan ’n tweede een: jy moet ander mense so liefhê asof hulle jy self is.”
Op watter maniere wys jy dat jy die Here met jou hele hart lief het?
Memoriseer hierdie skrifgedeelte, as jy nie alreeds het nie. Jesus het dit beskou as die grootste gebod.
Bid vir die Kerk: dat ons die Here sal liefhê met ons hele hart. (Mark. 12:30-31)
Bid vir mense om te begryp hoe groot die liefde van God is. (Ef. 3:17-19)
About this Plan

Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.
More
Related Plans

Time Reset for Christian Moms

EquipHer Vol. 24: "Who’s Economy Are You Working For?"

Slaying Giants Before They Grow

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"

Discover God’s Will for Your Life

Conversation Starters - Film + Faith - Forgiveness, Mentors, Tornadoes & More

Finding Strength in Stillness

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent
