Wees DapperSample


Lees: Matteus 6:33, Deuteronomium 6:4-9
SOAP: Deuteronomium 6:4-6
As vroue van God kan ons nie hierdie opdragte ligtelik opneem nie. Wanneer hierdie vers sê dat jy God moet liefhê met jou hele hart, siel en krag, beteken dit dat God jou alles moet wees. Wanneer jy iemand met jou hele hart liefhet, stel jy hom of haar vanselfsprekend heel eerste in jou lewe. Die Bybel sê dat ons God moet liefhê en eers sy koninkryk moet soek. Dit sê nie dat ek myself moet liefhê en my eie gemak eerste moet stel nie, of om materiële dinge lief te hê en om eers my eie geluk te soek nie, of om die kollig lief te hê en my eie roem te soek nie. Uit 'n heelhartige liefde word ons geroep om God eerste te stel. Wanneer ons onsself verbind om God bo alles lief te hê, sorg Hy vir alles wat ons nodig het. Ons moet dapper wees om God eerste te stel in ons dae, in ons gewoontes, in ons prioriteite en in ons lewens. Ons word geroep om in totale toewyding aan Hom te leef. Om dit te doen, moet ons elke deel van ons lewens onderwerp aan sy koninkryksdoeleindes. Ons moet dapper wees om God eerste te stel.
Hemelse Vader, U alleen is God. Ek verbind myself heelhartig om U lief te hê en U eerste te stel. Help my asseblief, Here, om u koninkryksdoeleindes bo my eie gemak te stek. Ek het U lief met my hele hart, siel en al my krag. In Jesus se naam, Amen.
Scripture
About this Plan

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.
More
Related Plans

Sacrificial Living

Making Home Your Happy Place: A Reading Plan to Help You Overcome Overwhelm

The Way of the King (Matthew)

If? The Art of Prayer: A 5-Day Devotional

Drawn Together: A 7-Day Couples Devotional

Fountain of Life

Living Loved

A Lenten Meditation on the Gospel of Mark: Week 1

The Unexpected Way of Jesus
