YouVersion Logo
Search Icon

Wees DapperSample

Wees Dapper

DAY 21 OF 43

Lees: 2 Korintiërs 4:8-9, Markus 10:27

SOAP: 2 Korintiërs 4:8-9

Daar is iets werklik merkwaardig aan 'n persoon wie se geloof koersvas is. Ek was onlangs in gesprek met iemand wat geglimlag het en vol vreugde was en ek was geskok om die gedurende die gesprek uit te vind van die beproewinge wat sy die afgelope tyd in haar lewe moes deurmaak. Haar glimlag en vreugde is nie vir die verbloeming van haar ontmoediging nie, maar bewys van die God wat haar daardeur bring. Haar geloof in God is koersvas ten spyte van haar ontmoediging. Die Bybel sê dat daar probleme sal wees, dat ons verward sal word en selfs neerslaan sal word. Maar God is altyd by ons. Hy beskerm ons teen verplettering, wanhoop, en vernietiging. Ons kan sterk bly te midde van beproewinge as gevolg van die belofte dat God ons nooit sal verlaat nie. Met God aan ons sy, kan ons in alle omstandighede staande bly en volhard​​, en ons sal groei in geloof, vertroue en uithouvermoë. Ons word geroep om dapper te wees wanneer ons ontmoedig word en om 'n koersvaste geloof te toon omdat ons God konstant getrou is.

God dankie dat U belowe om my nooit te verlaat nie. Dankie Here, dat U my red van gebrokenheid en vernietiging. Here, ek wil soos Paulus en Silas wees, wat U selfs in 'n tronksel geprys het. Vader, U is getrou en wanneer ek ontmoedig is, sal ek dapper wees om koersvaste geloof in U te hê. Amen

About this Plan

Wees Dapper

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.

More