Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 20 VAN 30

Om saam te stem oor ons doel op aarde beteken nie dis 'n voorafbepaalde ooreenkoms om God se vesting storm te loop totdat Hy ingee nie. Dit is regtig verkeerd om vooraf saam te stem oor wat ons wil hê, en dan na God te gaan en te wag. Dit beteken ons vra nie dat Hy vir ons wys hoe Hy oor die saak voel nie, maar dat ons Hom probeer dwing om toe te stem dat ons kan doen wat ons vooraf besluit het, sonder om daaroor te bid. Ons moet eerder saamstem dat ons vir God moet vra om sy gedagtes en bedoeling oor die saak aan ons oor te dra.



Om saam te stem oor ons doel op aarde is nie ‘n openbare vertoon van smeking sonder einde nie, maar ‘n gebed wat doelbewus deur die morele aard van die Heilige Gees beperk word. Dit is in werklikheid “harmonisering” op aarde met ons Vader in die hemel.



Oordenkingsvraag: Is my hoop op God gebaseer op my vermoë om Hom sover te kry om vir my te gee wat ek wil hê of op God se vermoë om aan my te gee wat ek nodig het?



Aanhalings geneem uit Christian Disciplines, © Discovery House Uitgewers
Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid