Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 24 VAN 30

In ‘n preek wat Vader Frere ‘n aantal jare gelede gegee het, het hy die volgende gesê: “Moes jy al ooit ‘n troeteldier seermaak om dit gesond te kry — soos om ‘n doring uit sy voet te haal, ‘n wond uit te was, of iets soortgelyk? As jy het, sal jy die uitdrukking in die hond se oë onthou soos hy na jou gekyk het, want wat jy gedoen het, het hom verskriklik seergemaak en tog het sy oë van soveel vertroue in jou gespreek asof hy wou sê: "Ek verstaan glad nie wat jy doen nie, wat jy doen maak seer, maar gaan aan daarmee.” Dit is ‘n geskikte beskrywing van lyding “volgens die wil van God.”



Somtyds moet ons net stom na God opkyk en sê: “Ek verstaan dit glad nie, maar gaan aan met wat U besig is om te doen.” Dit dui op ‘n proses om te leer om op God te vertrou. ‘n Geestelike ondervinding het begin; lyding het reeds begin om die siel te versterk.



Oordenkingsvrae: Wat is God besig om te doen wat begrip uitdaag? Wat hoop ek om te baat deur dit te weerstaan? Wat hoop ek om te baat as ek vertrou?



Aanhalings uit: "Christian Disciplines", © Discovery House Uitgewers
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid