Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 25 VAN 30

Job se lyding is opgeteken omdat God en die Satan ‘n slagveld van sy lewe gemaak het. Die Satan het verklaar dat Job God nie liefhet vir wie Hy is nie, maar slegs ter wille van sy seëninge. Nou is alles wat verband hou met skuiling, kameraadskap en simpatie, totaal en al van Job weggestroop en hy besef dat God dit moes toegelaat het. Dit is die moeilikste ding waarvoor Job nog te staan gekom het, maar hy hou steeds vas daaraan dat God eerbaar is. Dit is die uiterste wanhoop, saam met buitengewone vertroue in God — wat op die oomblik soos die afgod Molek lyk.

Job het geglo dat God 'n regverdige man wat op Hom vertrou, sal seën en voorspoedig maak en dat die onregverdige nie voorspoed sal ervaar nie. Toe tref die een ramp na die ander vir Job. Alles wat Job oor God geglo het is nou weerspreek en waarvolgens hy gelewe het is in die wind geslaan.

Oordenkingsvrae: Het ek God lief ter wille van Homself of vir sy seëninge? Wat gebeur met my vertroue in God wanneer Hy sy seëninge van my weerhou?

Aanhalings uit: "The Highest Good" en "Baffled to Fight Better", © Discovery House Uitgewers

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org