Leesplan inligting

Neem Standpunt In: Moed Uit Die Boek DaniëlVoorbeeld

Stand: Courage From The Book Of Daniel

DAG 7 VAN 7

Lees asseblief Daniël 10 voordat jy vandag se oordenking lees.




Vir die oorblywende deel van die boek Daniël, lees ons oor sommige van die profetiese drome en hulle interpretasies soos God dit vir Daniël gegee het. Die drome het grotendeels gehandel oor die goddeloosheid gedurende Daniël se tyd en het die gebeurtenisse voorspel wat nog in sy tyd moes plaasvind, en wat in die laaste dae sou gebeur.




Daniël se ervaring van vandag se leesstuk in hoofstuk 10 is 'n goeie voorbeeld van hoe God ons gebede hoor, ons sien wanneer ons hartseer is, en namens ons optree wanneer dit mag lyk of Hy stil is. Daniël was in diepe ellende, op die grond met sy gesig na onder in 'n diep slaap totdat hy in vers 11 aangesê word om op te staan sodat hy kan sien dat God wel vir hom sorg en hom hoor. Ons het almal al seerkry in ons lewens ervaar. Jy mag dalk op hierdie oomblik enorme pyn verduur. In sulke tye is dit maklik om te voel dat God nie jou gebede hoor nie. Jy vra heel moontlik: "Hoekom Here?" en voel asof daar geen antwoord is nie.




Wanneer jy in daardie donker oomblikke is en heeltemal alleen voel, staan op en besef dat God werklik vir jou omgee, lief is vir jou, en jou gebede hoor selfs al dink jy nie so nie. As jy jouself voor God verneder en jou hele lewe aan Hom oorgegee het, net soos Daniël, dan sien God jou soos wat Hy vir Daniël gesien het, as "hoog geag". Jy is in 'n geveg gewikkel met jou geestelike vyand, die Satan, en dit gaan na tye van pyn en hartseer lei. Skep moed en staan op wanneer jy val. God is aan jou kant en sal nooit sy onsterflike liefde vir jou laat vaar nie.




Belangriker nog, miskien moet jy standpunt inneem teen dit wat óm jou aangaan. So baie mense is vandag vasgevang in hulle roetines en besige lewe dat hulle blind geword het vir die wêreld om hulle. Ons harte behoort te breek vir dit wat die hart van God breek. Ons behoort vir die verlorenes te rou, die gebrokenes, die wat seer het, ons volk, en ons wêreld.




Daniël het dinge anders gesien as diegene óm hom en sy hart het gebreek oor die kwaad wat om hom aan die gang was — en die verwoesting wat sou kom. As ons harte meer soos Daniël s'n was, sou ons meer gewillig wees om standpunt in te neem en 'n verskil vir Christus in hierdie wêreld te maak.




Terwyl jy vandag klaar lees en bid, vra jouself af: watter dinge lei my aandag af van die gebrokenheid om my? Wat gaan ek doen om hierdie afleidings uit die weg te ruim?



Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Stand: Courage From The Book Of Daniel

Wanneer ons tot die uiterste gedryf word, het ons 'n keuse. Gaan ons die weg van die minste weerstand kies of gaan ons die moed hê om standpunt in te neem? In hierdie 7-dag leesplan sal jy uit die boek van Daniël leer ho...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid