Leesplan inligting

Neem Standpunt In: Moed Uit Die Boek DaniëlVoorbeeld

Stand: Courage From The Book Of Daniel

DAG 1 VAN 7

Lees asseblief Daniël 1 voordat jy vandag se oordenking lees.



Ons leef in 'n wêreld baie soortgelyk aan Daniël s'n, waar die hedendaagse kultuur ons probeer leer om soos die res van die wêreld te dink, op te tree en te glo. Dit leer ons om ons standaarde te verlaag. Jy kan egter nie vandag 'n passiewe volgeling van Christus in die wêreld wees nie. Jy moet, soos Daniël, standpunt inneem.



Die wêreld wil hê jy moet inpas. Daniël en sy vriende kon by die res van die jong Israeliete ingepas het, maar as hulle dit gedoen het, dan sou niks histories gebeur het nie. God kan en wil jou gebruik soos Hy vir Daniël gebruik het, maar slegs as jy standpunt inneem en uitstaan bo die res van die wêreld. Hulle wat die moed het om uit te staan, inspireer ander. Hoekom sal jy jou lewe daaraan wy om te probeer inpas wanneer jy gebore is om uit te staan? Sal jy nie eerder wil onthou word omdat jy uitgestaan het, as om vergeet te word omdat jy ingepas het nie?



Terwyl jy vandag klaar lees en bid, vra jouself af: hoe skuldig is ek daaraan om te probeer inpas? Op watter een manier kan ek vir my geloof in Christus standpunt inneem? Hoe en wanneer gaan ek dit doen?



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Stand: Courage From The Book Of Daniel

Wanneer ons tot die uiterste gedryf word, het ons 'n keuse. Gaan ons die weg van die minste weerstand kies of gaan ons die moed hê om standpunt in te neem? In hierdie 7-dag leesplan sal jy uit die boek van Daniël leer ho...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid