Leesplan inligting

Neem Standpunt In: Moed Uit Die Boek DaniëlVoorbeeld

Stand: Courage From The Book Of Daniel

DAG 6 VAN 7

Lees asseblief Daniël 6 voordat jy vandag se oordenking lees.




In hoofstuk ses, sien ons vir Daniël in die later jare van sy lewe. Hy het in aansien gestyg as een van drie administrateurs in die koninkryk. Daniël was 'n baie goeie voorbeeld van hoe integriteit dikwels na bevordering in die lewe lei. Daniël het verduur wat so baie mense met integriteit teëkom: herhaaldelike versoekings wat sy standpunt vir Christus in gedrang bring. Daniël het dit egter weerstaan en nooit sy integriteit prysgegee nie.




Hy het voor 'n situasie te staan gekom wat so baie van ons op 'n gereelde basis ervaar wanneer aan ons die vraag gestel word — sal jy aan God of aan mense gehoorsaam wees, wanneer jou gehoorsaamheid aan God jou iets gaan kos? Wanneer laas het gehoorsaamheid jou iets gekos? Miskien het jy 'n werk, bevordering of vriendskap verloor. Jy is dalk gespot weens jou gehoorsaamheid aan God. Daniël se standpunt kon hom sy lewe gekos het, maar hy het nooit gehuiwer om vir God standpunt in te neem nie.




Daniël het voor uiters moeilike omstandighede te staan gekom omdat hy ferm in sy geloof gebly het. Vers 15 wys ons dat die landswette, en vers 17 dat die natuurwette teen Daniël gekant was. Die klip wat die opening na die leeukuil toegemaak het, was amper onmoontlik om te skuif — en die honger leeus eet altyd hulle slagoffers. Dit was waarlik 'n onmoontlike situasie vir Daniël, maar God spesialiseer in die onmoontlike.




Watter onmoontlike omstandighede staar jy in die gesig? Jou onmoontlike omstandighede mag dalk die gevolg wees van 'n standpunt wat jy vir Christus of iets anders ingeneem het. Moenie paniekerig raak nie. As God vir Daniël uit hierdie gevaarlike omstandigheid kon red, kan Hy jou ook red.




Terwyl jy vandag klaar lees en bid, vra jouself af: hoe het ek gesien dat God my deur onmoontlike omstandighede in my lewe bring? Watter een ding kan ek vandag doen wat sal help om my geloof in God te versterk en my moed te gee om onmoontlike omstandighede te verduur?



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Stand: Courage From The Book Of Daniel

Wanneer ons tot die uiterste gedryf word, het ons 'n keuse. Gaan ons die weg van die minste weerstand kies of gaan ons die moed hê om standpunt in te neem? In hierdie 7-dag leesplan sal jy uit die boek van Daniël leer ho...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid