Neem Standpunt In: Moed Uit Die Boek DaniëlVoorbeeld

Stand: Courage From The Book Of Daniel

DAG 2 VAN 7

Lees asseblief Daniël 2 voordat jy vandag se oordenking lees.

Daniël het nie voor die koning gaan staan en hom gesmeek en by hom gepleit om sy lewe te spaar nie, maar hy het eerder voor die koning gestaan met vrymoedigheid en selfvertroue. Daniël het volle vertroue in God se vermoë gehad, en hy het geweet dat Hy enigiets kan doen, selfs die drome van Nebukadnesar uitlê.

Wanneer jy vir God standpunt inneem, doen dit met vrymoedigheid en selfvertroue. Dit maak nie saak hoe moeilik die situasie is nie, moenie jou vrese toelaat om jou te lei nie. Laat jou vertroue in God jou eerder lei om standpunt in te neem. God sal jou nooit in die steek laat wanneer jy vir Hom standpunt inneem nie, selfs in die donkerste situasies.

Vrymoedigheid is gedrag wat uit geloof gebore is. Dit is die geloof dat God is wie Hy sê Hy is. Volgende keer wanneer jy vir God standpunt inneem, doen dit met vrymoedigheid. Jou vrymoedigheid sal 'n lig vir die wêreld wees. Dit is tyd om uit te staan.

Terwyl jy vandag klaar lees en bid, vra jouself af: waar in my daaglikse lewe het ek vrymoedigheid nodig om standpunt in te neem? Wat gaan ek doen om hierdie vrymoedigheid te bekom?

Aangaande hierdie leesplan

Stand: Courage From The Book Of Daniel

Wanneer ons tot die uiterste gedryf word, het ons 'n keuse. Gaan ons die weg van die minste weerstand kies of gaan ons die moed hê om standpunt in te neem? In hierdie 7-dag leesplan sal jy uit die boek van Daniël leer hoe om standpunt in te neem.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church