Neem Standpunt In: Moed Uit Die Boek DaniëlVoorbeeld

Lees asseblief Daniël 4 voordat jy vandag se oordenking lees.
Dit het baie waagmoed van Daniël geverg om teen die koning standpunt in te neem, want hy kon doodgemaak word omdat hy die waarheid praat. Daniël het die koning oor sy sonde gekonfronteer. Konfrontasies is vir baie mense glad nie maklik nie. In werklikheid val die meeste mense in een van twee uiterstes wanneer dit by daarby kom om mense wat verkeerde dinge doen te konfronteer. Hulle is òf onwillig om te konfronteer òf hulle konfrontasie kom liefdeloos voor.
Daar is heel moontlik iemand in jou lewe wat jy moet konfronteer oor hulle verkeerde dade. Miskien is dit iemand by die werk wat beweer om 'n Christen te wees, maar wat heeltyd vloek, vuil grappe vertel of met wellus na vroue kyk. Miskien is dit 'n kind by jou skool wat die jeuggroep bywoon, maar oor naweke partytjie hou en afkyk met toetse. Miskien is dit 'n vriend wat vol geestelike praatjies is, maar wat hulle eie familie verbaal afkraak.
Wanneer jy iemand oor sonde konfronteer, moenie na een van die bogenoemde uiterstes gaan nie, maar konfronteer die persoon eerder biddende. Om dít te doen is daar twee dinge waarvoor jy eers moet bid. Die eerste is: "Vader help my om te konfronteer met die doel om te herstel." Die tweede is: "Here, help my om met versigtigheid te konfronteer."
Terwyl jy vandag klaar lees en bid, vra jouself af: wie moet ek konfronteer? Hoe gaan ek dit op 'n biddende manier doen?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ons tot die uiterste gedryf word, het ons 'n keuse. Gaan ons die weg van die minste weerstand kies of gaan ons die moed hê om standpunt in te neem? In hierdie 7-dag leesplan sal jy uit die boek van Daniël leer hoe om standpunt in te neem.
More