Leesplan inligting

Neem Standpunt In: Moed Uit Die Boek DaniëlVoorbeeld

Stand: Courage From The Book Of Daniel

DAG 3 VAN 7

Lees asseblief Daniël 3 voordat jy vandag se oordenking lees.



Die geloof van Sadrag, Mesag en Abednego was so diep in God gewortel, dat dit hulle in staat gestel het om met vrymoedigheid regop te staan teen die skare, toe almal anders neergebuig het. Hulle het geweet met watter lot die koning hulle sou tref as gevolg daarvan dat hulle vir God standpunt inneem, maar hulle was bereid om hulle geloof op die proef te stel. 'n Geloof wat die toets van vuur deurstaan het, kan vertrou word. Dink vir 'n oomblik oor jou lewe. Kan jou geloof die vuur hanteer wat jy op die oomblik verduur? Miskien verduur jy onbeantwoorde gebede, die verlies van 'n geliefde, of die verraad van 'n ander. Hierdie soort situasies kan die fondament van jou geloof skud en ons geloof deur die vuurproef stuur.



Wanneer jy vind dat jou geloof deur vuur getoets word, is daar drie dinge om te onthou. Eerstens, gehoorsaam God se opdragte eerder as mense se verwagtinge. Die koning en sy mense het verwag dat Sadrag, Mesag en Abednego moes neerbuig, maar hulle het eerder God se opdrag gevolg en regop bly staan. Die tweede om te onthou, is om God se waarheid te glo in plaas daarvan om die feite te glo. Die feite was dat Sadrag, Mesag en Abednego doodgemaak sou word as hulle nie neerbuig nie, maar God se waarheid het gesê dat hulle nie skade aangedoen sal word omdat hulle vir Hom standpunt inneem nie. Laastens, glo vír God. Moenie net ín God glo nie.



Terwyl jy vandag klaar lees en bid, vra jouself af: hoe word my geloof deur vuur getoets? Watter een ding kan ek vandag doen wat my sal help om die vuur met moed te verduur?



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Stand: Courage From The Book Of Daniel

Wanneer ons tot die uiterste gedryf word, het ons 'n keuse. Gaan ons die weg van die minste weerstand kies of gaan ons die moed hê om standpunt in te neem? In hierdie 7-dag leesplan sal jy uit die boek van Daniël leer ho...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid