Leesplan inligting

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat HouVoorbeeld

12 Days To A Love That Lasts

DAG 9 VAN 12

Grense

 


Ons is twee derdes deur ons leesplan en nou is dit tyd om te fokus op iets waaroor ons reeds gepraat het: grense.

 



Ons weet dat ons almal verskillende Godgegewe gawes het. Om mekaar se grense te respekteer, is eintlik net 'n manier om daardie gawes te eerbiedig. Bedoelende ​​dat, alhoewel ons eensgesindheid in ons huwelike wil hê, ons nie noodwendig presies dieselfde hoef te sê, dink en doen nie.

 



Dit bring ons terug na die konsep van ritmes waaroor ons 'n paar dae gelede gepraat het. Net soos ons elkeen ons eie ritmes het, het ons ook ons ​​eie belange en verantwoordelikhede – en dit strook nie altyd met dié van ons huweliksmaat nie.

 



Dis in die haak!

 



Dit is nie jou werk om jou huweliksmaat in 'n ander weergawe van jouself te verander nie. Dit is wel jou werk om jou huweliksmaat te vier vir wie hy of sy is – alles wat die persoon is. Soos die Skrifgedeelte wat ons vandag uit Spreuke gelees het, het die Here wysheid geskep net soos Hy aan alles wat Hy geskep het grense gestel het, verstaan ​​ons dat grense tot afronding en skoonheid lei.

 



En skoonheid is 'n kerndeel van liefde wat hou.

    


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

12 Days To A Love That Lasts

In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.     

Ons wil graag vir Jefferson en Alyssa Bethke en Jeff Bethke bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lovethatlasts.co/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid