Leesplan inligting

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat HouVoorbeeld

12 Days To A Love That Lasts

DAG 12 VAN 12

Teologie van die Huwelik
 

Hier is dit! Dis die laaste dag van ons twaalf noodsaaklike boustene tot liefde wat hou! Ons sluit dit af met 'n onverwagse wending: wat is jou teologie van die huwelik?
 


Die huwelik behels soveel verskillende aspekte – daarom is daar in die verlede regtig baie boeke daaroor geskryf en sal daar ook in die toekoms nog daaroor geskryf word. Die huwelik is 'n veelsydige juweel wat ons wêreld verlig.
 


Uiteindelik is dit egter baie belangrik dat jy en jou huweliksmaat 'n ooreenstemmende teologie van die huwelik moet hê. Jy moet verstaan ​​dat, soos ons vandag in ons Skrifgedeeltes gelees het, die huwelik daaroor gaan om iemand te ken en om ook deur die ander persoon geken te word.
 


Dit beteken om totaal verlief te wees op die hele persoon, nie net die dele waarvan jy hou nie.
 


Dit beteken om jou ware self te vind deur "naak en onbeskaamd" met mekaar te wees. Wetende dat, ongeag wát, julle jul ware self bymekaar kan wees en mekaar des te meer daarvoor sal liefhê.
 


Dit is die standhoudende liefde wat God vir ons het – en dit is die soort liefde wat 'n huwelik vorm. Dit is die soort liefde wat hou. 


 


As jy hierdie leesplan geniet het, kan jy meer hulpbronne deur Jefferson en Alyssa Bethke vind by https://lovethatlasts.co/


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

12 Days To A Love That Lasts

In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.     

Ons wil graag vir Jefferson en Alyssa Bethke en Jeff Bethke bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lovethatlasts.co/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid