Leesplan inligting

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat HouVoorbeeld

12 Days To A Love That Lasts

DAG 11 VAN 12

Verslawing

 


Ons is amper aan die einde van hierdie leesplan en ons het uiteindelik gekom by 'n onderwerp wat al soveel huwelike verwoes het:

 



Verslawing.

 



Die probleem met verslawing is dat dit ongelooflik kompleks is. Al wil ons hoé graag net namens ons verslaafde huweliksmaat bid en glo — is daar geen maklike oplossings op hierdie terrein nie.

 



Verslawing word oorkom deur 'n ingewikkelde proses van erkenning, aanspreeklikheid, dissipelskap en daaglikse volharding en dit vereis byna altyd professionele berading.

 



Die goeie nuus is dat verslawing oorkom kan word en huwelike wat daardeur afgetakel is, kan selfs sterker as voorheen herbou word. Dit verg egter baie werk, asook hope daaglikse genade teenoor mekaar, maar dit kan gedoen word.

 



Jy kan nie standhoudende liefde bou saam met iemand wat nog in hul verslawing vasgevang is nie – maar jy kan dit wel vind met iemand wat verslawing oorkom het. Dit is die goeie nuus.   

 


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

12 Days To A Love That Lasts

In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.     

Ons wil graag vir Jefferson en Alyssa Bethke en Jeff Bethke bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lovethatlasts.co/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid