Leesplan inligting

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat HouVoorbeeld

12 Days To A Love That Lasts

DAG 5 VAN 12

Kommunikasie

 


Nou is dit tyd vir die praktiese gedeelte hoe om liefde te bou wat hou: kommunikasie.

 



Dit is 'n belangrike bousteen. Die een waarvan jy altyd hoor, totdat jy dalk siek is daarvoor en geïrriteerd reageer: "Ja, ek weet! Kommunikasie is belangrik in die huwelik!"

 



Daar is 'n rede waarom jy altyd hoor van die noodsaaklikheid van kommunikasie: omdat dit regtig so belangrik is.



Wat kommunikasie betref, moet 'n mens besef dat dit nie net belangrik is om gehoor te word nie – dit gaan ook daaroor om te luister. Dit gaan daaroor om aktief te luister terwyl jou huweliksmaat praat sodat jy werklik hoor wat gesê word – en dat jou huweliksmaat dieselfde vir jou doen.

 



Kommunikasie gaan egter ook nie net daaroor om te praat nie. Dialoog is belangrik, maar dit is nie die enigste deel van kommunikasie nie. Jy kommunikeer deur jou gesig, deur jou stemtoon – selfs deur jou optrede.

 



As jy liefde wil bou   wat hou, moet jy leer om met jou huweliksmaat te kommunikeer, in soveel vorme van kommunikasie as wat jy kan. Gelukkig hoef jy dit nie op jou eie te leer nie – God is hier om jou te help. Bid, lees die Skrif en roep   sy hulp in om jou op die pad na salige kommunikasie te kry.

 



  Dit is regtig só belangrik.

    


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

12 Days To A Love That Lasts

In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.     

Ons wil graag vir Jefferson en Alyssa Bethke en Jeff Bethke bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lovethatlasts.co/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid