Leesplan inligting

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat HouVoorbeeld

12 Days To A Love That Lasts

DAG 3 VAN 12

Seks 


Uiteindelik! Dit het drie dae geneem, maar nou kom ons by die lekker dinge. Ons praat oor seks.

 



Seks is 'n wonderlike, Godgeskape daad wat amper net soveel fasette het as maniere om dit te beoefen. Die probleem is dat ons verdraaide kulturele begrip dikwels selfs ons Goddelike begrip van seks binnedring. Dit is wanneer ons begin wegbeweeg van liefde wat hou.

 



As julle liefde wil bou wat hou, begin met hierdie fundamentele begrip van seks: God het dit geskep om intimiteit tussen julle te bou en die manier waarop intimiteit gebou word, is deur diens.

 



Seks gaan nie oor jou nie. Dit gaan oor julle.

 



Seks is nie selfdienend nie – dit moet jou huweliksmaat en julle as 'n paartjie dien. Jy is nie in die huweliksbed om jouself goed te laat voel nie – jy is daar om intimiteit tussen julle twee te skep.   

 



Dus, as julle liefde wil bou wat hou, hou aan om seks te hê! Onthou net dat seks 'n pragtige, kreatiewe daad is wat soveel meer  betekenis – en plesier – skep wanneer julle mekaar dien.

 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

12 Days To A Love That Lasts

In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.     

Ons wil graag vir Jefferson en Alyssa Bethke en Jeff Bethke bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lovethatlasts.co/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid