Leesplan inligting

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat HouVoorbeeld

12 Days To A Love That Lasts

DAG 2 VAN 12

Kombineer Julle Roepings


Op hierdie tweede dag, pak ons ​​nog 'n moeilike onderwerp aan: die samevoeging van julle roepings.

 



Elke mens in hierdie wêreld het 'n Godgegewe lewensroeping. Wanneer jy alleen is, is dit baie makliker om jou voor te stel hoe God daardie roeping in jou wêreld tot uitvoering sal bring.

 



Wanneer 'n mens trou, moet julle saam besluit hoe om daardie roepings in ’n samehangende eenheid bymekaar te voeg. Dikwels word ons na mekaar aangetrek deur soortgelyke roepings – net om later te ontdek dat daardie ooreenkomste soms nie sterk genoeg is nie.

 



Hoe nou gemaak? Dit is wanneer jy Jesus verwelkom binne-in jul stryd om julle roepings met mekaar te vereenselwig. Dis werk – maar hoekom sal julle dit alleen aanpak? Nooi die Here hierin en laat Hom saam met julle werk om jul konflik te verander dat julle mekaar eerder aanvul.

 



Julle is nie meer individue nie – nou is julle 'n span, wat beteken dat julle saam wen of saam verloor. Die samevoeging van julle roepings help julle om te wen, wat julle 'n goeie hupstoot gee na liefde wat hou.

 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

12 Days To A Love That Lasts

In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.     

Ons wil graag vir Jefferson en Alyssa Bethke en Jeff Bethke bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lovethatlasts.co/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid