Leesplan inligting

Dit is tydVoorbeeld

Dit is tyd

DAG 1 VAN 5

“Dit is tyd” 

Soms laat God dinge gebeur wat een mens se lewe verander, soos die oomblik toe Jesus vir Matteus, ’n tollenaar, geroep het om Hom te volg. Dan gebeur daar dinge wat ’n hele groep mense gelyktydig verander, soos met die uitstorting van die Heilige Gees waarvan Handelinge 2 vertel. Daardie groep mense is vir altyd verander in hulle vrugdra in die koninkryk. Maar soms laat God dinge gebeur wat ’n hele nasie raak, soos met die herlewing in die tyd toe Hiskia koning was (2 Kron 29-30). Daar het ’n ommekeer gekom in die volk se geestelikheid en fokus, en as gevolg daarvan het God sy seën op hulle uitgestort. Ek glo God het Angus Buchan geroep om die It’s Time-gebedsbyeenkoms in Bloemfontein te hou as ’n hoeksteen vir landswye verandering. Ons moet nog die volle uitwerking van hierdie verandering sien, maar daar sal beslis verandering wees! 

Ek ken Angus al vir baie jare, en ek weet van die geweldige veldslae waarin hy betrokke was nadat hy gehoor het dat God die land oproep tot gebed. Wanneer ’n groot gebeurtenis soos hierdie – wat die koninkryk van God bevorder – op die punt staan om te gebeur, word die aanval soveel groter. Ek weet hoeveel aanvalle Angus moes verduur: die vraag of die geskatte een miljoen mense sou kom; waar die geld vir die reël van so ’n byeenkoms vandaan sou kom; die bedenkinge wat mense gehad het, veral dié wat die byeenkoms regstreeks via die internet sou uitsaai; hoe dinge soos plek, parkering, klank, toilette, ensovoorts, in so ’n kort tyd gereël kon word. Angus het tot God geroep en gesien hoe elkeen van hierdie uitdagings die een na die ander opgelos word. Daar is verstommende verhale van hoe God self hierdie dinge op ’n bonatuurlike manier gedoen het. 

Dit is inderdaad tyd. Die boek DIT IS TYD se oorsprong lê in die hemel self. Ek weet jy sal baie seën daaruit put.

 

Hierdie voorwoord is geskryf deur Ray Olivier en geneem uit DIT IS TYD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za  vir meer inligting. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dit is tyd

Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid – mans en vroue en kinders van alle ouderdomme en rasse. Die kragtige getuienisse oor hoe die gehoo...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/it-s-time-hardcover

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid