Leesplan inligting

Dit is tydVoorbeeld

Dit is tyd

DAG 3 VAN 5

“Die groot dag breek aan”

Die groot dag het aangebreek. My familie het ’n paar dae voor my vertrek terwyl ek alleen op die plaas agtergebly het. Ek het die dag voor die byeenkoms na Bloemfontein toe gevlieg waar ek baie vriendelike mense ontmoet het wat vir ons verblyf in die stad gereël het. Ek het daar gebly totdat ek na die byeenkoms toe moes vertrek.

Ons was veronderstel om twaalfuur die middag te begin, maar omdat daar teen daardie tyd nog soveel mense bly opdaag het, is dit uitgestel na tweeuur. Ek het dit nie geweet nie, en toe hulle aanhou uitstel om my te kom haal, het die duiwel natuurlik vir my begin sê: “Niemand het opgedaag nie, daar is geen skare nie; daarom kom haal hulle jou nie.”

Die helikopter het agter die verhoog geland. Die grootste skare wat ek al ooit gesien het, het geduldig in die son gesit en wag. Ek het begin preek oor die belangrikheid van gebed en vir die mense geleentheid gegee om te bid. Vir vyf volle minute het hulle individueel gebid en vir God gevra om vrede en inkeer vir die mense in Suid-Afrika te bring. Dit het geklink soos ’n reuse byekorf. Sommige mense het saggies gebid, ander het hard geskree. Sommige het regop gestaan, ander het voor God gekniel. Dit was ’n God-oomblik. 

As ek nooit weer iets in my lewe doen nie, sal ek steeds baie tevrede en volkome vervuld wees. Ek sou nooit kon droom dat ek ongeveer ’n miljoen mense gelyktydig sou voorgaan in die sondaarsgebed nie, maar dit het gebeur. Ná daardie gebed het die vreugde en vrede en liefde van God in daardie heilige oomblik oor ons gedaal. Ons het vir die siek mense begin bid en sedertdien talle getuienisse gekry van mense wat op daardie dag in hulle sitplekke Goddelike genesing ervaar het sonder dat iemand aan hulle geraak of hulle selfs met olie gesalf het. 

Uiteindelik het dit tyd geword om die seën uit te spreek, maar voordat ek dit gedoen het, het ek gesê: “Wanneer jy hierdie byeenkoms verlaat, moet jy huis toe gaan en aan jou gesin begin werk. Julle moet begin saam bid. Begin met jou besigheid, jou werksplek, jou ontspanningsklub, jou skool, jou universiteit en bid in geloof saam.” Wanneer mense werk, werk hulle, maar wanneer mense bid, werk God. 

Ek glo die gebedsbyeenkoms het ’n reuse impak gehad, nie net op Suid-Afrika nie, maar op die hele Afrika-kontinent. Ek het nog nooit so ’n emosionele ervaring by soveel mense gesien nie. Dit was so aangrypend om mans, vroue en kinders tot God te sien bid, en hoe almal mekaar help en liefhet.

Ek kan nie wag om te sien wat God volgende gaan doen deur sy gewone mense wat kies om twee dinge te doen nie: om gehoorsaam en getrou te wees.

 

Hierdie uittreksel is geneem uit DIT IS TYD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dit is tyd

Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid – mans en vroue en kinders van alle ouderdomme en rasse. Die kragtige getuienisse oor hoe die gehoo...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/it-s-time-hardcover

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid