Leesplan inligting

Dit is tydVoorbeeld

Dit is tyd

DAG 4 VAN 5

“Ek was daar – Getuienisse”

“Die nasionale oproep tot gebed by It’s Time het baie mense die moed gegee om op te staan vir Jesus, die waarheid en geregtigheid. Niemand kan ontken dat God op 22 April 2017 ingegryp het in die geskiedenis van Suid-Afrika nie!” Andy Buchan

“Ek glo God het iets in ons elkeen se hart laat wortelskiet; ’n oortuiging en ’n dringendheid om te bid vir ons land, en om as gelowiges Jesus se woorde dat ons ‘sout en lig’ moet wees uit te leef hier in Suid-Afrika.” Clive Tedder

“Ons vat hande en kniel in die stof voor ’n almagtige Vader van hemel en aarde. Die wind waai ’n Suid-Afrikaanse vlag hoog in die lug. Ons voel klein. En baie dankbaar om te kan deel wees van hierdie baie groot gebeurtenis in ons Suid-Afrikaanse geskiedenis.” Hester Naude

“Tydens die It’s Time-byeenkoms het Angus gesê God kan ons genees waarop ek Hom gevra het om my knie te genees. Terug by die huis het ek olie op my knie gesit en in die Naam van Jesus verklaar dat dit genees is. Alle eer aan God. Ek kan weer my kar bestuur sonder enige pyn, agter my lessenaar sit sonder enige pyn, tennis speel, draf en loop sonder enige pyn.” Fanus Momberg

“Dit was so ’n wonderlike ervaring. Toe ons terugstap na ons kar toe het ek gesê ek is genees. Halleluja aan God die Allerhoogste. Daar is niemand soos Hy nie. Niemand sal jou ooit kan aanraak soos Hy nie. Sy liefde sal ons altyd vind.” Gaynor Pietersen

“Miljoen mense vat hande en elke amen sweepslag donderend teen die oorkantste randjies vas en eggo tot voor God se troon. En toe gaan staan Hy heel agter – en begin asem oor ons. Laatmiddag stap ons knars-krakend oor stof-stoppellande met oorloop­harte na ons tentjies. Ek lê tot voordag in verwondering oor die dag se grootsheid. Oor God Almagtig wat harte deurgrond en ken en my nogtans liefhet.” Elize Burgers

 

Hierdie uittreksel is geneem uit DIT IS TYD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dit is tyd

Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid – mans en vroue en kinders van alle ouderdomme en rasse. Die kragtige getuienisse oor hoe die gehoo...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/it-s-time-hardcover

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid