Leesplan inligting

Dit is tydVoorbeeld

Dit is tyd

DAG 2 VAN 5

“Die visie”

Word ’n nasie in een dag voortgebring? (Jes 66:8) Die antwoord is ’n besliste ja! Ek het dit met my eie oë gesien op 22 April 2017 op die plaas Wilde Als, vier kilometer buite Bloemfontein. Op daardie onvergeetlike dag het ons gesien hoe baie mense fisiek en geestelik genees is, maar die belangrikste van alles, hoe hulle siel genees is.

Alles het begin deur die wonderwerkende krag van Jesus Christus. Die Here gebruik gewone omstandighede en baie gewone mense om sy groot werke op aarde te doen. 

Ek was ses weke voor 22 April 2017 in my binnekamer besig met ’n baie spesiale stiltetyd saam met die Here Jesus Christus. ’n Afrikaanse boer het vir my ’n tweeminuut-video gestuur. Sy boodskap was in suiwer Afrikaans. Skielik het hy oorgeslaan na Engels en gesê: “Uncle Angus, call all of us and we will come!” ’n Klompie dae later het ek God se stem amper hoorbaar twee dinge hoor sê: “Dit is tyd” en “een miljoen mense”.

Ek was absoluut platgeslaan deur hierdie opdrag wat die Here Jesus Christus vir my gegee het. En dit was die begin van die grootste byeenkoms wat ek al ooit gesien het in die 40 jaar wat ek die evangelie preek. Ek kon van daardie oomblik af tot aan die einde van die byeenkoms ses weke later die intensiteit en krag voel.

Ek het gevoel die Here sê ek moet ’n plek in Bloemfontein kry, wat in die middel van ons land is. Nadat ons so ’n bietjie navraag begin doen het, het ’n boer vir ons sy plaas, net vier kilometer noord van Bloemfontein, aangebied. 

Ons het ’n klein komitee saamgestel en Bloemfontein toe gegaan om ’n handvol toegewyde Jesus-volgelinge te ontmoet. God gebruik klein groepies mans en vroue om groot dinge vir Hom te doen. Ek dink spesifiek aan die apostels. Daar was net 12 van hulle, maar hulle het hierdie wêreld onderstebo gekeer. Ná ons eerste vergadering het ons op hierdie spesifieke stuk grond besluit, waarna alles net in plek begin val het.

Boere het soos bye na ’n heuningpot na die plaas Wilde Als toe gestroom. Hulle het vir my video’s gestuur van verskeie trekkers wat die gras sny en baal ter voorbereiding van die byeenkoms. Die Here het vir ons ’n spesifieke datum gegee, 22 April, presies een week ná Paasfees. Hoe gepas! Toe het ons die nasie in geloof van die byeenkoms begin inlig.

 

Hierdie uittreksel is geneem uit DIT IS TYD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dit is tyd

Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid – mans en vroue en kinders van alle ouderdomme en rasse. Die kragtige getuienisse oor hoe die gehoo...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/it-s-time-hardcover

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid