Leesplan inligting

Dit is tydVoorbeeld

Dit is tyd

DAG 5 VAN 5

“Waarheen nou?”

Ek wil jou aanmoedig om ’n daadwerklike poging aan te wend om voortdurend te bid. As ek as 32-jarige jong man, wat pas my lewe vir Christus gegee het, geweet het wat ek tydens die aanloop tot die It’s Time-byeenkoms geleer het, sou ek myself baie pyn, sweet en trane gespaar het.

Word ’n man of vrou van gebed, en leer dit vir jou gesin. ’n Gesin wat saam bid, bly bymekaar. Dit is ’n verantwoordelikheid wat niemand kan ontsnap nie. Dit is die sleutel tot ’n suksesvolle lewe en daar is geen ander sleutel vir daardie deur nie. 

Bid tot die opgestane Here Jesus Christus. Bid tot die Vader, deur die Seun, deur die krag van die Heilige Gees. Amen.

 

“ROMEINE SE WEG NA VERLOSSING” 

  1. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Romeine 3:23
  2. Wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here! Romeine 6:23
  3. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. Romeine 5:8
  4. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.
    Romeine 10:13
  5. As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Romeine 10:9
  6. Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Romeine 8:1

 

“DIE SONDAAR SE GEBED”

Liewe hemelse Vader,

ek erken vandag dat ek ’n sondaar is.

Dankie dat U u Seun gestuur het

om aan die kruis op Golgota vir my te sterf.

In geloof vra ek U om my sonde te vergewe

en in my lewe in te kom.

As gevolg van Jesus Christus se dood
en opstanding is al my sondes vergewe

en begin ek vandag ’n splinternuwe lewe.

In Jesus se Naam.

Amen.

 

Hierdie uittreksel is geneem uit DIT IS TYD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za vir meer inligtin g.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dit is tyd

Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid – mans en vroue en kinders van alle ouderdomme en rasse. Die kragtige getuienisse oor hoe die gehoo...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/it-s-time-hardcover

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid