Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 14 VAN 30

Die Onomstootlike Majesteit Van Sy Krag



Paulus het gesê dat hy oorweldig, onderworpe en soos in boeie gehou word deur "die liefde van Christus." Baie min mense weet regtig wat dit beteken om in die greep van God se liefde te wees. Ons is so geneig om net deur ons eie ervaring beheer te word. Die een ding wat Paulus aangegryp en vasgehou het, met uitsluiting van alle ander dinge, was die liefde van God. "Die liefde van Christus dwing ons. . . . " As jy hiervan in die lewe van 'n man of vrou hoor, is dit onmiskenbaar. Jy sal weet dat die Gees van God heeltemal ongesteurd in daardie persoon se lewe is.



Wanneer ons deur die Gees van God wedergebore word, is ons getuienis slegs gebaseer op wat God vir ons gedoen het, en heeltemal tereg. Maar dit sal verander en vir ewig vervang word wanneer jy "krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor jou gekom het. . . " (Handelinge 1: 8).



Eers dan sal jy begin besef wat Jesus bedoel het toe Hy verder gesê het: " . . julle sal My getuies wees. . . " Nie getuies van wat Jesus kan doen nie—dit is vanselfsprekend—maar "getuies vir My . . . " Ons sal alles wat gebeur aanvaar asof dit met Hom gebeur, of ons geprys of beskuldig, vervolg of beloon word. Niemand kan standpunt vir Jesus Christus inneem as hy nie heeltemal deur die majesteit van Sy krag gedryf word nie. Dit is die enigste ding wat regtig tel, en tog, vreemd genoeg, is dit die laaste ding wat ons, as werkers vir Christus, besef. Paulus het gesê dat hy deur die liefde van God aangegryp is en dis hoekom hy opgetree het soos hy het. Mense kon hom sien as gek of nie—hy het nie omgegee nie. Daar was net een ding waarvoor hy gelewe het—om mense van God se komende oordeel te oortuig en om hulle van die "liefde van Christus" te vertel. Hierdie algehele oorgawe aan "die liefde van Christus" is die enigste ding in jou lewe wat vrug sal dra. En dit sal altyd die teken van God se heiligheid en Sy krag wees, sonder om die aandag op jou persoonlike heiligheid te vestig.



Trek my nader, O Here, in 'n lewensbelangrike gemeenskap met U. Hou aan totdat ek in ekstase is oor U teenwoordigheid. Laat my U s'n word deur die uitdrukking van U genade, asook deur die ervaring daarvan.


Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid