Leesplan inligting

Advent: Christus Kom!Voorbeeld

Advent: Christ Is Coming!

DAG 1 VAN 91

Advent is 'n tydperk van vier weke van afwagting, wat regoor die wêreld gevier word. Dit is 'n tyd om ons harte voor te berei vir die koms van ons Redder, die Messias, wat voorspel is. Dit is ook 'n tyd van oordenking en lering. Leer jou kinders van Jesus se maagdelike geboorte, lewe, dood en opstanding. Mag hierdie seisoen jou help om in jou hart te oordink wat Christus vir ons gedoen het, en 'n verwagting skep terwyl ons gereed maak vir Sy wederkoms.



STEEK DIE KERS AAN



Ons wag vir die Messias!

Verduidelik aan jou gesin wat Advent beteken en beplan om elke dag tyd hieraan te spandeer. Maak 25 kepe op 'n lang kers en skryf die nommers 1 tot 25 langs elke merk. (Gebruik 'n permanente inkpen.) Steek elke aand die kers aan as jy en jou gesin God se Woord bestudeer. Laat die kers elke aand tot by die volgende merk brand.



LEES DIE SKRIFGEDEELTE



God se Verbond met die Skepping en die Mens

Genesis 1:27-28, 2:16-17 en Jeremia 33:19-22



REAGEER MET AANBIDDING



Aanbid Hom met Jou Lewe

God hou altyd Sy verbondsbeloftes. Sy Woord is seker. Vertrou jy Hom?

Wees versigtig wat jy antwoord. Hou jy jou beloftes?

Bedoel jy wat jy sê en sê jy wat jy bedoel?



Aanbid in Gebed

Gebruik die Skrif om God te aanbid, te prys en te dank en om belydenis te doen.



Aanbid in Sang

Sing: "Lofsing Die Here, Die Ewige."

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Christ Is Coming!

Hierdie Advent-dagstuk is afkomstig van Thistlebend Ministries en is geskik vir gesinne of individue wat hulle harte wil voorberei om die Messias te vier. Dit fokus spesifiek op Christus se koms en wat dit deesdae vir on...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid