Vergifnis

Dag 4 van 4 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Vergifnis  God wil hê dat jy in vrede leef, vreesloos, vol geloof, hoop en liefde, né? Hy wil nie hê dat jy angstig sal wees en vol woede nie. Skrifgedeeltes oor vergifnis leer jou hoe om 'n meer vergewensgesinde persoon te wees.



Die mens sê: Ja, ek is bitter. En ek gaan so bly. Dit was nie regverdig nie!



God sê: Genade bring 'n einde aan bitterheid. As jy nie vergewe nie, verloor almal. (Vgl Hebreërs 12:15).






Die mens sê: Hoe kan ek vergewe? Ek voel so vuil.



God sê: Dit is 'n keuse wat jy moet maak. Jy sal weer skoon voel. (Vgl 1 Johannes 1:9).






Die mens sê: Ek haat jou!



God sê: 'n Vergewensgesinde persoon haat NIEMAND nie. Moenie jouself dan 'n Christen noem nie. (Vgl 1 Johannes 4:20).



Wysheid kom deur die Woord van God te oordink. Memoriseer verse om dadelik leiding te kry oor enigiets, van die huwelik tot seks tot finansies. Die volgende Skrifgedeeltes is op jou mobiele toep, Mac of Windows programme by MemLok Nog MemLok Leesplanne