Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 14 VAN 15

Aand



Een van my gunsteling tye van die dag is saans. Dit is die tyd om die dag te evalueer — of dit goed of sleg was. As die weer dit toelaat, gaan stap ek en my vrou. Soms maak ons net 'n pot koffie en gesels oor die dag en wat ons afgehandel het. Dit is 'n tyd vir deurdagte evaluering, danksegging en gebed.



Die Here het 'n soortgelyke tyd gehad tydens sy bediening op aarde. Na 'n uitputtende dag het Hy bo-op 'n berg gaan sit om tyd in gebed en in sy Vader se teenwoordigheid deur te bring (Matteus 14:23).



Die waarde van die stille teenwoordigheid van ons Hemelse Vader en ons selfondersoek om uit te vind hoe ons ons lewens lei, is van groot belang. Dit was dalk die doel van Paulus se uitdaging aan ons (in Efesiërs 5:16) om die tyd uit te koop. Hy wou seker maak dat ons die tyd wat God ons gegee het om te lewe en te dien, ten beste gebruik.



Soos wat die dag verbygaan, dink daaroor na. In die stilte van die aand kan ons in God se teenwoordigheid 'n meer akkurate perspektief op ons lewe kry. — Bill Crowder



Ek onttrek my uit die wêreld se probleme

Met sy laste, moeilikhede en sorge van die lewe

Na 'n pragtige, stil, rustige plek

Waar ek van aangesig tot aangesig met Jesus kan gesels. — Brandt



Ons sal Jesus beter kan sien as ons Hom van naderby leer ken.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid