Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie. Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. Dit is 'n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen. Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val. En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.
Lees EFESIËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 5:6-17
5 Days
If we want to share Jesus with others, we’ve got to live like Him, love like Him, and listen like Him. In this 5-day Plan, we’ll take a closer look at the life of Jesus to discover how we should live our lives.
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
15 Days
We want to encourage you into a thoughtful, daily, heart-to-heart relationship with God. Millions of readers around the world have turned to the daily devotional, Our Daily Bread for moments of quiet reflection. In just a few minutes each day, the inspiring, life-changing stories point you toward your heavenly Father and the wisdom and promises of His unchanging Word.
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's