Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 12 VAN 15

Duur Geskenk



'n Rolex horlosie is een van die bestes. Baie mense sou graag een wou hê. Dis hoekom vriende van my onlangs op hulle oorsese reis vir die grap 'n paar vir hulle kinders gekoop het as aandenkings.



Aandenkings? Dis reg, ja, want weet jy wat? Die horlosies was nagemaak — namaaksels van die oorspronklikes wat goedkoop aan toeriste verkoop word. Die een wat Denny en Carol gekoop het, was 'n bietjie anders as een wat 'n mens in die juwelierswinkel sou koop — die naam was anders gespel: R-O-L-E-X-X.

Daar is min waardevolle dinge wat goedkoop is. Nog minder kan jy hulle verniet kry. Die grootste geskenk van alle tye — verlossing — is egter verniet. Dit is oneindig meer werd as die nagemaakte Rolex. Tog is dit verniet. 'n Ou lied herinner ons dat Jesus die volle prys betaal het. Niemand kan betaal vir hulle verlossing nie (Efesiërs 2:8-9). Ons moet net glo en die geskenk van die ewige lewe aanvaar wat God vir ons aanbied (Romeine 6:23).



Die teenstrydige waarheid is dat ons redding baie duur was, alhoewel ons dit verniet kry. Oswald Chambers het as volg geskryf: "Vergifnis, wat so maklik is om te aanvaar, se prys was die foltering op Golgota."



Enigiemand wat iets anders voorhou, bied 'n namaaksel van die oorspronklike aan. — Cindy Hess Kasper



Watter groot geskenk het Jesus ons gegee!

Perfekte lewe, gesterf aan 'n kruis

Nie net vir my het hy betaal

Maar vir almal was sy offer. — Hess



God het duur betaal vir ons redding, maar ons kry dit verniet.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid