Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 1 VAN 15

Soek vir die Ooglopende



Toe Bill Husted by sy hoërskool se reünie opdaag, handdrukke en drukkies uitgedeel het vir 20 minute, kom hy agter dat daar twee reünies in die gebou aan die gang is en dat hy by die verkeerde een was.



Husted, wat 'n tegnologie skrywer vir die "Atlanta Journal-Costitution" is, het hierdie insident gebruik as 'n voorbeeld van hoe 'n mens 'n rekenaar probleem kan oplos. Soek eers vir die ooglopende fout.



Voordat jy die klankkaart wil vervang, kyk eers dat die volume beheer aan is. As die modem nie werk nie, kyk of die draad ingeprop is.



"Soek eers die ooglopende" kan ook 'n goeie voorbeeld wees vir geestelike selfondersoek. Kolossense 3:12-17 het 'n lys van dosyne geestelike kwaliteite wat 'n gesonde gees aandui. Hulle is liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoe­dig­heid, geduld, vergifnis, liefde en dankbaarheid.



Voordat jy die kerk of ander Christengroepe kritiseer, moet jy eers die Here vra om jou eie foute uit te wys. Voordat jy vriendskapsbande sny, kyk eers of daar geduld en vergifnis in jou hart is.



Dit is goed om ons harte te ondersoek — om die ooglopende te sien — al voel dit vir ons asof al ons probleme ander mense se skuld is. - David McCasland



Ek kyk eers na my eie hart

Wat staar my in die oog

Die foute wat ek in ander vind

Is foute in myself. — D. DeHaan



Christelike liefde is geduldig met die foute van ander.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid