Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 10 VAN 15

Die Stil Pad



80 Kilometer wes van Asheville in Noord Karolina, het ek die hoofpad verlaat en op die res van die pad na die stad op die aanskoulike 'Blue Ridge Parkway' gery. Op daardie laatmiddag in Oktober, het ek stadig gery en dikwels gestop om na die mooi berge en helder herfsblare te kyk. My reis was nie 'n vinnige een om net te kom waar ek wou wees nie. Dit het egter my siel verkwik.



Die ervaring het my laat vra: "Hoe dikwels reis ek in stilte saam met Jesus? Verlaat ek die hoofpad van my verantwoordelikhede en bekommernisse om my aandag elke dag op Hom te vestig?"



Na 'n uitmergelende tyd van bediening, het Jesus vir sy dissipels gesê: "Kom julle nou self eenkant toe na ’n stil plek en skep ’n bietjie asem” (Markus 6:31). In plaas van 'n lang vakansie, het hulle net 'n kort bootrit gehad om van die skare te ontsnap. Die dissipels het Jesus se deernis vir die mense gesien en het Hom gehelp om die mense se nood aan te spreek (verse 33-43). Na die lang dag uiteindelik tot 'n einde gekom het, het Jesus krag geput in gebed met Sy Hemelse Vader (vers 46). Die Here is altyd by ons, in ons besige en kalmer dae, maar ons moet elke dag tyd maak om stil te raak voor Hom. — David McCasland



Daar is 'n plek van sielerus

Naby die hart van God

Van sonde-oormag nooit bewus

Naby die hart van God. — McAfee



Tyd saam met die Here is altyd die moeite werd.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid