Ek volg JesusVoorbeeld

Ek volg Jesus

DAG 5 VAN 7

Sluit by 'n gemeentegroep aan

Wanneer jy Jesus Christus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aanneem, word jy deel van God se ewige familie. Jy is dus nie alleen nie. Jy hoef nie jou geestelike reis alleen aan te pak nie. Om deel van God se ewige familie te wees vind letterlik uitdrukking in deel wees van 'n gemeente. Daarom is dit regtig baie belangrik om by ‘n Christelike gemeente in te skakel.

Vra die Here om jou te lei na ‘n gemeente waar jy kan inskakel en ‘n geestelike tuiste kan vind. Sodanige gemeente sal vir jou ‘n Christelike geloofsgemeenskap wees wat jou ondersteun in moeilike tye en 'n tuiste waar jy deur middel van goeie en gesonde Bybelse lering geestelik kan groei asook by dienswerk betrokke kan wees.

Waar jy ook al hierdie geestelike tuiste vind, wees getrou. Jou teenwoordigheid en deelname maak ‘n verskil. Die Bybel moedig ons nie net aan om deel van ‘n Christelike geloofsgemeenskap te wees nie, maar ook om betrokke te wees deur ander met ons gawes, vermoëns en talente te dien en te bedien.

Gebed

Hemelse Vader, dankie dat ek deel van u geestelike familie is en dat ek ‘n geestelike tuiste kan vind waar ek U saam met ander kinders van die Here kan aanbid en tot u eer bruikbaar kan wees. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Ek volg Jesus

Jy het Jesus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aangeneem. Baie geluk met die groot stap wat jy gedoen het. Welkom in God se ewige familie. Maar wat nou? In hierdie sewedagleesplan gesels ons oor die vaste wete en sekerheid van jou saligheid en wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus Christus te wees. Geniet die asemrowende reis en avontuur om ‘n kind van God te wees.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: leefdiewoord.co.za