Ek volg JesusVoorbeeld

Gebed
Daar is beslis baie wat ons oor gebed kan sê. Laat ons begin deur ‘n definisie van gebed te gee. Die eenvoudigste definisie van gebed is dat gebed ‘n gesprek met God is. Die wonder van gebed is dat jy enige tyd en op enige plek met God kan gesels. Jy kan God in jou vertroue neem en jou hart by Hom uitstort. Jy is nooit lastig nie — jou gebede maak nie inbreuk op God se tyd nie. Trouens, Hy begeer dat jy met Hom sal gesels. Jy is regtig altyd en met enige saak welkom by Hom.
Soms word die vraag gevra: “Waarom moet ek bid as God alles weet?” Dit is ‘n goeie vraag. Dit is belangrik om te besef dat gebed nie ‘n manier is waarop ons God inlig oor ons lewens en die eise van ons omstandighede nie. Wanneer ons met God in gebed gesels is dit ‘n bewys van ons vaste oortuiging dat God by magte is om in ons lewens in te gryp. Ons gebede is dus ‘n manier waarop ons ons afhanklikheid teenoor God uitspreek.
Gebed is egter nie net ‘n rits versoeke nie. Ons spreek ook deur middel van gebed ons lofuitinge teenoor God uit en sê vir Hom dankie dat Hy ons God is. Praat met God — gereeld en deurentyd.
Gebed
Here, dankie dat U toeganklik is. Ek kan met U, my Vader, gesels soos ‘n kind met sy aardse vader gesels. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Jy het Jesus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aangeneem. Baie geluk met die groot stap wat jy gedoen het. Welkom in God se ewige familie. Maar wat nou? In hierdie sewedagleesplan gesels ons oor die vaste wete en sekerheid van jou saligheid en wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus Christus te wees. Geniet die asemrowende reis en avontuur om ‘n kind van God te wees.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: leefdiewoord.co.za









