Ek volg JesusVoorbeeld

Jou geestelike aptyt
'n Baba moet eet om te kan groei. Aanvanklik is die bron van voeding hoofsaaklik melk maar soos die klein mensie groter word, word vaste spys deel van die dieet. In die Bybel merk ons op dat die beeldspraak van 'n baba wat met melk gevoed moet word om te groei gebruik word om die beginsel van die noodsaaklikheid van geestelike voeding en groei te verduidelik. Dit is egter belangrik om nie net by melk te bly nie maar na vaste spys oor te gaan. Die bedoeling en betekenis van hierdie waarheid is dat daar nog baie meer is om te leer en te ervaar. Ons merk op dat die Bybel ook hierdie beeldspraak om van melk na vaste spys oor te gaan gebruik om geestelike groei te illustreer.
Jy moet as 't ware 'n geestelike aptyt hê. Dit beteken dat jy 'n begeerte sal hê om meer van die Christelike weg te leer en om in jou verhouding met die Here te groei. Moenie by die begin bly nie; daar is soveel meer om te ontdek, leer en beleef.
Namate jy geestelik groei, neem jy toe in geestelike volwassenheid. Dit is juis hierdie geestelike volwassenheid wat dit vir jou moontlik maak om beter tussen reg en verkeerd te kan onderskei — en dan die regte besluit te neem. Daar is geen plaasvervanger vir geestelike groei nie. Dit is absoluut noodsaaklik.
Die dagstukkies wat volg skenk aandag aan maniere waarop jy geestelik kan groei.
Gebed
Here, gee my 'n honger en dors na meer van U. Leer my en lei my — sodat ek meer en meer soos U kan wees. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Jy het Jesus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aangeneem. Baie geluk met die groot stap wat jy gedoen het. Welkom in God se ewige familie. Maar wat nou? In hierdie sewedagleesplan gesels ons oor die vaste wete en sekerheid van jou saligheid en wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus Christus te wees. Geniet die asemrowende reis en avontuur om ‘n kind van God te wees.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: leefdiewoord.co.za
Verwante Leesplanne

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Geskenke van God

My Saligmaker Leef

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Vaste Geloof

Gebede uit ’n Vrou se Hart

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier
