Gebede uit ’n Vrou se HartVoorbeeld

Gebede uit ’n Vrou se Hart

DAG 5 VAN 5

Moed

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”
(Josua 1:9, NLV)

Here my God, vandag vertrou ek op U vir die onmoontlike. U weet waar ek was, waar ek is en waarheen ek op pad is (1 Johannes 3:20). Niks in my omstandighede verbaas U nie. Daarom weet U ook hoeveel moed nou van my gevra word en hoe bang ek is. Dankie dat ek direk na u troon toe kan gaan, genadige Koning, en u hulp kan vra (Jeremia 15:19). Die wonder van hierdie voorreg sal nooit verflou nie. Vul my met vertroue. Lig my kop op terwyl ek hierdie situasie tromp-op en vreesloos aanpak, al weet ek én U dat ek net voorgee om vreesloos te wees. Wees U my dryfkrag, my selfvertroue, my kalmte en my onwankelbare oortuiging.

U het die kruis trotseer, Jesus. U het die pyn gevrees, maar U het volhard omdat U deurentyd aan ons gedink het (Lukas 22:42). Gee vandag vir my van u moed, Here Jesus, en laat die wêreld sien dat die God wat ek dien ’n eindelose voorraad moed het wat my sterk en dapper maak, al is ek broos en bang (Josua 1:9). Amen.

RAAK PRAKTIES

Herinner jouself dat daar meer as genoeg ruimte in jou vel is vir jou om volkome gemaklik daarin te voel.

Hierdie gebede is geneem uit GEBEDE UIT ’N VROU SE HART deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.

Aangaande hierdie leesplan

Gebede uit ’n Vrou se Hart

Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us