Gebede uit ’n Vrou se HartVoorbeeld

Identiteit
“Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!”
(2 Korintiërs 5:17, NLV)
Vader, party dae weet ek nie regtig wie ek is nie. Ek herontwerp myself om in te pas by die konteks, eerder as om my ware self na elke situasie te bring. Ek baklei voortdurend teen ’n samelewing wat my probeer indwing in die brose vorms wat dit geskep het en wat wil bepaal wat ek moet dra, drink en doen, waar ek moet woon of werk, hoe ek moet reis, en wat ek moet sê en dink. Herinner my dat U my op my naam geken het nog voordat ek in my ma se liggaam gevorm is (Jesaja 49:1). My identiteit is ’n geskenk van U, nie ’n titel wat ek moet verdien of waardeur ek myself moet bewys nie. In U is ek ’n nuwe skepping (2 Korintiërs 5:17). Ek het my identiteit ontvang, nie self gevorm nie, en dit is in u liefde geanker. Help my om betekenis en selfvertroue in hierdie verstommende waarheid te vind. Ek is u geliefde kind (Romeine 8:14-15), en dáárin lê die moontlikheid om alles te wees en te doen waartoe U my in hierdie wêreld roep.
Help my om nie op die verkeerde plekke na my identiteit te soek nie, soos in die goedkeuring of bevestiging van ander, in my loopbaan of prestasies, in my besittings of seksualiteit of in mag of status. Ek is immers wie U sê ek is en dit is vir my meer as genoeg. Laat ek vrede vind terwyl ek myself in U vind. Amen.
RAAK PRAKTIES
Beskryf jou identiteit sonder dat jy vertel waar jy vandaan kom of watter werk jy doen.
Aangaande hierdie leesplan

Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us







