Gebede uit ’n Vrou se HartVoorbeeld

Lewe deur die Gees
“Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal.”
(Galasiërs 5:25, NLV)
Heilige Gees, ek wil nie hierdie dag aanpak sonder u teenwoordigheid nie. Help my, vanaf dagbreek tot skemeraand en tot in die donker nag met die sterre wat skitter, om teen u volmaakte pas te leef. Laat my stadiger leef wanneer ek u planne vooruit wil loop. Laat my vinniger leef wanneer my aandag afgelei word of ek lui raak. Omring my met ’n sterk bewussyn van u teenwoordigheid sodat ek vreesloos en met selfvertroue in elke vertrek sal instap, sodat ek in elke gesprek deurdagte antwoorde sal gee wat ek altyd eers met liefde deurdrenk.
Dankie dat U die God is wat nooit ophou beweeg nie en altyd oor my waak (Psalm 121:3-4). Dankie dat U ons altyd saamneem in ooreenstemming met u volmaakte planne (Jeremia 29:11). Help my, Heilige Gees, om vandag deur die Gees te lewe (Galasiërs 5:25), teen die spoed van liefde te leef, om van U afhanklik te bly, om my gesindheid en optrede met U in pas te bring en om my vryheid in U te vind. Help my om te luister na u stil stem (Johannes 10:3), elke oomblik. Amen.
RAAK PRAKTIES
Voordat jy vanaand aan die slaap raak, doen selfondersoek. Vra die Heilige Gees om vir jou te wys wat jy vandag gedoen het wat Hom bly gemaak het, en wat Hom nie bly gemaak het nie.
Aangaande hierdie leesplan

Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us








