Gebede uit ’n Vrou se HartVoorbeeld

Onsekerheid
“Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit.”
(1 Johannes 4:18, NLV)
Here, ek weet almal is soms onseker, maar dit voel vir my ek is meer onseker as die meeste ander mense. Dit voel vir my of ek geen beskerming het teen die gespot en minagting en kritiek nie. Ek is bekommerd oor wat mense van my dink en of ek aan hulle standaarde voldoen. Ek twyfel oor my besluite en my kleresmaak. Ek wonder altyd gespanne of ek te veel of te min sê, te hard lag of te vervelend is. Ek is nie seker oor die grootte van die ruimte wat ek op hierdie planeet moet inneem nie, en ek is bang die hele wêreld gaan uitvind dat ek nie weet wat ek doen nie.
Vader, help my om my sekerheid in U te vind, want U is my onwankelbare rots en sterk vesting (Psalm 18:2-3). Help my om te onthou dat U self my omsluit en dat daar in u volmaakte liefde nie vrees is nie (1 Johannes 4:18). Lig my kop op, almagtige Here. Help my om met selfvertroue te leef, want U self het verklaar dat ek ’n Koningskind is (Matteus 5:9). Maar laat my ook altyd met blydskap en nederigheid my veilige plek in die skadu’s van u vlerke vind (Psalm 91:4). Amen.
RAAK PRAKTIES
Stuur ’n teksboodskap aan ’n vriendin wat nou onseker voel oor ’n spesifieke situasie in haar lewe. Sê vir haar jy dink sy is wonderlik en dat jy vir haar bid.
Aangaande hierdie leesplan

Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us







