Daaglikse Bemoediging vir VroueVoorbeeld

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

DAG 7 VAN 7

Sien God se wonders raak

“Die dade van die HERE is groot! Almal wat daaroor bly is, dink hieroor na. Heerlik en vol majesteit is sy werke. Sy geregtigheid hou vir altyd stand" (Psalm 111:2-3 NLV).

Daar is bykans nie nog ’n plek waar ’n mens so ontspanne en rustig kan wees soos in die natuur nie. Dit is feitlik onmoontlik om met hemelhoë stresvlakke rond te loop as jy elke dag daarop fokus om die skoonheid en wonder van die natuur om jou raak te sien en te waardeer. Wanneer jy voel dat jy gespanne begin raak, gaan stap in jou tuin en pluk ’n blom. Kyk daarna en sit dit in ’n potjie op jou lessenaar, in jou kombuis of langs jou rekenaar. Elke blom is ’n wonder.

Nóg ’n strespleister is om te gaan stap of berg te klim. Sien die klein dingetjies in die natuur raak waarby mense so maklik verbyloop: die fyn grassade langs die pad, die maan se weerkaatsing in ’n dam of ’n ragfyn spinnerak.

Wanneer jy soos die psalmdigter in Psalm 111 na God se wonders kyk, kan jy nie anders as om onder die indruk van sy mag en majesteit te kom nie (Psalm 111:2-3). Die blote gedagte dat God dáár is, jou liefhet en vir jou sorg (Lukas 12:28) sal klaar jou stresvlakke laat daal.

Hierdie oordenkings is geneem uit EENMINUUT-OORDENKINGS: DAAGLIKSE BEMOEDIGING VIR VROUE deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us