Daaglikse Bemoediging vir VroueVoorbeeld

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

DAG 6 VAN 7

Krag van dag tot dag

“HERE, wees ons genadig! Ons wag op U! Wees elke dag ons krag, ons redding in tye van nood. Die HERE is ons Regter. Die HERE is ons Regeerder. Die HERE is ons Koning. Hy is die een wat ons sal red” (Jesaja 33:2, 22 NLV).

Dit gaan baie sleg met God se volk in Jesaja se tyd. Maar Jesaja bring vir hulle ’n boodskap dat God se koninkryk aan die kom is en dat hulle die vyandige magte in die toekoms sal oorwin omdat hulle God se krag tot hulle beskikking het (Jesaja 33:22-24).

Ons het ook elke dag God se krag tot ons beskikking. God beloof in sy Woord om jou dag na dag te dra (Psalm 68:20). Selfs wanneer jy nie meer so jonk is nie en jou eie kragte minder raak, sal God jou van krag voorsien: “Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. EK het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red” beloof God in Jesaja 46:4 (NLV).

Jy kan ook soos Paulus in Filippense 4:13 sê dat jy tot alles in staat is deur Hom wat jou krag gee. Maar net soos jou elektriese toestelle aan die kragbron verbind moet wees om te kan werk, moet jý aan God, jou kragbron, verbind wees sodat sy krag vrylik deur jou kan vloei.

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us