Daaglikse Bemoediging vir VroueVoorbeeld

Op moedverloor se vlakte
“Versterk dié wat moeg geword het. Bemoedig dié wat wil neerslaan. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie. Want julle God kom om wraak te neem, om julle vyande te straf en om julle te red!’” (Jesaja 35:3-4 NLV).
Israel is ’n verslae en moedelose volk in die tyd van die profeet Jesaja. Hulle is in ballingskap weggevoer (Jesaja 5:13), hulle land is verwoes (Jesaja 5:8) en dit voel vir hulle asof God van hulle vergeet het. Maar God vergeet nooit sy kinders nie (Jesaja 44:21). Hy weet van sy volk se swaarkry en Hy is reeds besig om hulle verlossing te beplan. Hy beloof om hulle weer na hulle land te laat terugkeer, hulle vyande te verslaan en hulle te seën soos voorheen. Hy bemoedig hulle dat hulle sterk en onbevrees kan wees omdat Hy self by hulle is (Jesaja 35:3-4).
As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit baie maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Die duiwel beplan sy aanvalle rondom verwarring, moedeloosheid en twyfel. Jy mag nie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy mág maar moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed en krag te gee (Jesaja 40:31).
Aangaande hierdie leesplan

As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us