Daaglikse Bemoediging vir VroueVoorbeeld

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

DAG 2 VAN 7

Met God in die prentjie

“Hy het gaan lê en onder die besembos aan die slaap geraak. Maar 'n engel het hom wakker geskud en vir hom gesê: ‘Staan op en eet!’ Hy kyk op en dáár sien hy by sy kop ’n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. Die engel het weer gekom, aan hom geskud en gesê: ‘Staan op en eet weer, anders sal die pad vir jou te lank wees” (1 Konings 19:5-7 NLV).

Wanneer ons vir God in ons negatiewe lewensprentjie invoeg, verander dinge totaal.

God stuur ’n engel om die moedelose Elia te bemoedig in 1 Konings 19. Die engel bring ’n kruik water en roosterkoek en beveel Elia om te eet (1 Konings 19:5-6). Nadat Elia hom gehoorsaam het, raak hy aan die slaap (1 Konings 19:6). Weer maak die engel hom wakker en beveel hom om te eet (1 Konings 19:7). Hierna loop Elia 40 dae en 40 nagte lank tot by die berg Horeb waar God self met hom praat (1 Konings 19:8-9).

Sit jy dalk óók vandag onder ’n figuurlike besembos? God weet van jou. Hy wil jou vandag bemoedig soos vir Elia. Wanneer jy moeg en moedeloos is, is daar geen beter plek om na toe te vlug as na jou hemelse Vader nie. ’n Pa is bereid om álles vir sy kind te doen — hoeveel te meer sal ons hemelse Vader dit nie doen nie! Hy is altyd daar om na jou te luister en jou te bemoedig. Hy wil jou genadig wees.

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us