Daaglikse Bemoediging vir VroueVoorbeeld

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

DAG 5 VAN 7

Wie nie waag nie …

“Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staat maak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys” (Spreuke 3:5-6 NLV).

Maak dié stelling van die Spreukeskrywer in Spreuke 3:5-6 jou leuse. Min mense sien kans om voluit op God te vertrou vir die probleme en uitdagings wat die lewe inhou.

Die Bybel is egter baie duidelik omtrent die saak: Indien jy kans sien om op God te vertrou, sal Hy jou bystaan (Spreuke 3:5-6). Boonop verseker 1 Petrus 5:7 (NLV) jou ook: “Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.” Indien jý vas genoeg op God vertrou om jou probleme na Hom toe te bring en daar by Hom te los, beloof Hy om vir jou te sorg.

Waag dit om volkome op God te vertrou en om Hom op sy Woord te neem. Dan kan jy maar rustig wees en kyk hoe Hy vir jou sorg (soos die belofte in Numeri 6:24-26 ons leer).

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us