Oorkom die Strik van SelfbejammeringVoorbeeld

Oorkom die Strik van Selfbejammering

DAG 7 VAN 7

Ontvang Genade, Beweeg Aan

Tekens:

>> Om jouself heeltyd te kritiseer

>> Hou vas aan onvergewensgesindheid

Selfbejammering gaan dikwels gepaard met selfveroordeling en onvergewensgesindheid. Ons trap in die strik deur in ons gedagtes dinge te herhaal wat ons voorheen verkeerd gedoen het. Ons kasty onsself daaroor en hou vas aan die pyn wat ander in ons harte veroorsaak het. Ons begin foutvind met onsself en is heeltyd ontsteld oor die situasie. Ons kan selfs die punt bereik waar ons sê: "Ek sal myself nooit vergewe vir ..."

Onthou altyd, God se genade is groter as ons mislukkings. Romeine 8:1 verseker ons dat daar geen veroordeling in Christus is nie. Ons is vergewe, nie verlaat nie. Wanneer ons kies om selfs 'n bietjie genade teenoor onsself en ander te hê en te betoon, begin vernedering sy houvas op ons verloor. Jy hoef nie in hartseer vasgevang te bly nie. Sy genade is genoeg. God duld ons nie net nie; Hy geniet dit om ons te herstel!

Getuienis

Nomvula het haarself blameer vir 'n gebroke verhouding en was verbitterd teenoor die ander persoon. Sy het geweet die ander persoon het haar verkul, maar sy blameer haarself dat sy dit nie vroeër opgemerk het nie, of dat sy nie mooi genoeg was om sy aandag te behou nie. Sy het daaroor begin bid en God se hulp gevra. Dit het 'n rukkie geneem, maar sy kon hom vergewe. Sy het ook geleer hoe lief God haar het en dat sy na Sy beeld geskape is. Sy het nie die goedkeuring van mans nodig nie!

Gebed

Jesus, dankie dat U my vergewe het vir selfbejammering en dat ek myself en ander blameer het vir die situasie in my lewe. Ek ontvang U genade. Help my om genade aan ander te betoon.

Leersame punte uit hierdie plan: Het hierdie plan jou aangemoedig? Vir meer inligting oor gebed en gratis aflaaie, besoek: http://jwipn.com/books of kort video's oor gebed: https://www.youtube.com/@jerichowallsinternationalp7178

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom die Strik van Selfbejammering

Selfbejammering is 'n vernietigende emosie wat in ons harte kan nesskop, veral wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Dit laat mens voel asof jy ‘n slagoffer is, totaal vergete en sonder uitkoms. Ook, dat jy jouself met ander vergelyk, hopeloos voel en aanhoudende negatiewe denke ervaar. Hierdie 7-dag oordenking sal jou help om die tekens van selfbejammering te herken, en jou toe te rus om dit te begin oorkom.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com