Oorkom die Strik van SelfbejammeringVoorbeeld

Laat Vaar die Behoefte om Gered te Word
Tekens:
>> Gebruik jou pyn om medelye te kry
>> Plaas die las van jou probleme op ander
Een van die strikke van selfbejammering is die innerlike behoefte dat iemand net sal sien hoe swaar jy kry en jou sal help. Dit lyk net soveel makliker om dadelik hulp te kry as om die Here in gebed te betrek! Dit is moontlik dat jy, onwetend, gewoond is daaraan om jou swaarkry te deel om simpatie te kry of om van ander te verwag om verantwoordelikheid vir jou situasie te neem en jou uit te help. Alhoewel ondersteuning van ander belangrik en Bybels is, roep God ons om verantwoordelikheid te neem vir ons eie genesing en uitkoms in ons verhouding met Hom. Soms is iemand op soek na 'n betrekking, maar wanneer geleenthede kom vind hul altyd fout met iets of sien nie kans om dit op te neem nie. Dan is dit maklik om ander te blameer dat hulle jou nie verstaan nie, of nie regtig wil help nie.
Galasiërs 6:5 leer ons om ons eie las te dra, nie in isolasie nie, maar met volwassenheid en vertroue op God. God is uiteindelik ons Helper. Dit is eers wanneer ons ophou daarmee om gered te word en ten volle op Hom begin steun dat ons begin groei in krag, uithouvermoë en vreugde. Ons pyn hoef ons of ons toekoms nie te definieer nie. Jesus het vir ons aan die kruis betaal om in volkome vryheid te wandel. Hy is die Een wat ons kan help en ons kan red.
Getuienis
Sipho het sy stryd aanlyn geplaas, in die hoop op aanmoediging of dat iemand hom gaan jammer kry en finansiële hulp aanbied. Mense het nie gereageer nie, behalwe vir 'n duim omhoog of 'n huilende emoji. Dit het hom nog leër en meer jammer vir homself laat voel. Toe het 'n vriend hom besoek en hom aangemoedig om verse in die Bybel te bestudeer oor God as Sy Vader en die Een wat hom liefhet. Hy het ook daagliks Psalm 121 begin bid.
Gebed
Vader, vergewe my dat ek simpatie van ander soek. Vergewe my dat ek probeer het om mense verantwoordelik te laat voel om my te help. Ek kies vandag om my verlange op U te rig. U is getrou, U is goed en U is my hemelse Vader.
Aangaande hierdie leesplan

Selfbejammering is 'n vernietigende emosie wat in ons harte kan nesskop, veral wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Dit laat mens voel asof jy ‘n slagoffer is, totaal vergete en sonder uitkoms. Ook, dat jy jouself met ander vergelyk, hopeloos voel en aanhoudende negatiewe denke ervaar. Hierdie 7-dag oordenking sal jou help om die tekens van selfbejammering te herken, en jou toe te rus om dit te begin oorkom.
More
Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Geroep deur God

Onbeperkte Liefde

Follow, Fellowship, Fish

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Ek volg Jesus

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
