Oorkom die Strik van SelfbejammeringVoorbeeld

Herken die Put van Selfbejammering
Tekens:
>> Voel voortdurend soos 'n slagoffer
>> Glo dat niemand verstaan of omgee nie
Een manier waarop selfbejammering in ons harte vashouplek kry, is wanneer ons onsself net deur die lens van ons wonde sien. Ons begin dink ons is hulpelose slagoffers en dat niemand ons werklik sien of waardeer nie. Die Bybel openbaar in werklikheid 'n medelydende Verlosser wat nader kom aan die gebrokenes van hart. Jesus sien ons nie net nie, maar Hy weet ook hoe ons voel. Hy verstaan ons swakhede en gee baie om vir ons stryd. Hy nooi ons uit om elke las op Hom te werp. Hoe? Deur Hom te vertel wat ons voel en ervaar, deur bekering, deur smeking, deur danksegging. Om te besef dat Hy werklik naby ons is, verander alles. Dit sal ons help om te verstaan dat ons nie geïsoleer is nie; ons word gesien, geken en liefgehê deur 'n getroue God. Die eerste stap om selfbejammering te oorkom, is om te besef dat ons nie alleen is in ons pyn nie. Jesus is met ons, gereed om te genees en te herstel.
Getuienis
Nadat sy haar werk onverwags verloor het, het Maria in gedagtes van onwaardigheid en eensaamheid verval. Sy het gevoel soos 'n slagoffer wat onregverdig behandel is en begin glo dat haar vriende nie omgee nie. Op 'n dag tydens haar persoonlike tyd met God het sy skielik besef dat Hy haar liefhet. En sy het besef dat sy nooit werklik haar bekommernisse op die Here gewerp het nie, maar self hierdie las bly dra het!
Gebed
Vader, ek bely dat ek toegelaat het dat selfbejammering in my hart wortelskiet. Ek het gedagtes gekoester van onwaardigheid, dat ek nie meer goed genoeg of nuttig vir enigiemand is nie. Heilige Gees, stort asseblief die Vader se liefde in my hart uit. Help my om U teenwoordigheid vandag te ervaar en tasbaar te voel.
Aangaande hierdie leesplan

Selfbejammering is 'n vernietigende emosie wat in ons harte kan nesskop, veral wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Dit laat mens voel asof jy ‘n slagoffer is, totaal vergete en sonder uitkoms. Ook, dat jy jouself met ander vergelyk, hopeloos voel en aanhoudende negatiewe denke ervaar. Hierdie 7-dag oordenking sal jou help om die tekens van selfbejammering te herken, en jou toe te rus om dit te begin oorkom.
More
Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Geroep deur God

Onbeperkte Liefde

Follow, Fellowship, Fish

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Ek volg Jesus

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
