Oorkom die Strik van SelfbejammeringVoorbeeld

Kies Dankbaarheid Bo Murmurering
Tekens:
>> Kla oor alles en almal
>> Sukkel om dankbaar te wees
Dankbaarheid is 'n kragtige teenmiddel vir selfbejammering. Wanneer ons kla oor die toekoms of sukkel om dankbaar te wees vir die hede, maak ons dadelik die deur oop vir selfbejammering om in te glip en ons harte vas te pen met moedeloosheid. Sommige mense het die vermoë om net eenvoudig iets te sien wat nie reg is nie in elke omstandigheid en elke persoon! Die Skrif moedig ons aan om in alle omstandighede dankie te sê, nie noodwendig omdat elke situasie wonderlik is nie, maar omdat God altyd goed is. Danksegging verskuif ons fokus van wat ons kortkom na wat ons reeds in Christus het. Dit verskuif die fokus van ons na die Here en Sy goedheid teenoor ons.
Hoe praat ons oor ons toekoms? Spits jouself daarop toe om op te let na hoe jy praat, en jou algemene gesindheid teenoor die lewe. Ons kan begin deur 'n vers van belofte uit die Bybel te bid oor ons lewens, oor ons geliefdes, ens. Vertel ook eenvoudig vir die Here hoe lief jy Hom het en Hom aanbid!
Selfbejammering murmureer, geloof is dankbaar!
Getuienis
Zinhle het voortdurend gesê: "Dinge werk nooit vir my uit nie." Haar negatiwiteit het later haar verhoudings beïnvloed. Wat iemand ook al sou sê, sou sy 'n negatiewe uitspraak oor die positiewe opmerking uitspreek. Stadigaan het mense dit vermy om naby haar te wees. Dit het dinge nog erger gemaak! Sy het toe 'n nuwe joernaal begin waar sy dinge neergeskryf het waarvoor sy dankbaar was. Sy het besin oor die mense waarvoor sy dankbaar was en die impak wat hulle op haar lewe gehad het. Stadig het haar ingesteldheid begin verander toe sy ontdek het hoe aktief God werklik by haar lewe betrokke was.
Gebed
God, vergewe my dat ek murmureer en die toekoms vrees. Soos Jesaja, is ek 'n persoon met onrein lippe! Raak asseblief aan my mond, raak my hart aan en vul my hart met 'n bewustheid van U liefde en geweldige goedheid teenoor my in soveel aspekte van my lewe. Leer my om hoop te spreek en te vertrou op U goedheid.
Aangaande hierdie leesplan

Selfbejammering is 'n vernietigende emosie wat in ons harte kan nesskop, veral wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Dit laat mens voel asof jy ‘n slagoffer is, totaal vergete en sonder uitkoms. Ook, dat jy jouself met ander vergelyk, hopeloos voel en aanhoudende negatiewe denke ervaar. Hierdie 7-dag oordenking sal jou help om die tekens van selfbejammering te herken, en jou toe te rus om dit te begin oorkom.
More
Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Geroep deur God

Onbeperkte Liefde

Follow, Fellowship, Fish

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Ek volg Jesus

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
