Oorkom die Strik van SelfbejammeringVoorbeeld

Oorkom die Strik van Selfbejammering

DAG 3 VAN 7

Oorkom Afsondering

Tekens:

>> Ontvlugting of onttrekking van mense of verantwoordelikhede

>> Voel hopeloos oor verandering

Wanneer jy deur pyn oorweldig word, kan 'n natuurlike reaksie wees om jou te onttrek van ander. Ongelukkig sal lang tydperke van isolasie nie ware verligting bring nie. In teenstelling met wat jy dink, sal dit jou wanhoop vinnig vererger en jou selfs oortuig dat dinge nooit kan verander of verbeter nie. Selfbejammering floreer in eensaamheid of isolasie. Die Woord skets vir ons 'n ander prentjie. God se plan is dat ons in 'n groep of familie of gemeenskap moet funksioneer. Dit help ons wanneer ons bemoediging nodig het, en ook om aanspreeklik te wees teenoor ander. Die Heilige Gees vul ons met ware hoop wat verandering bring. Om in kontak te wees en te bly met goddelike vriende en 'n geestelike gemeenskap speel 'n belangrike rol daarin om ons te help om die greep van selfbejammering te oorkom. Isolasie kan op die korttermyn veiliger voel, maar genesing kom dikwels deur en in ons verhoudinge met ander gelowiges waar ons veilig en kwesbaar kan voel.

Getuienis

Nadat haar seun betrap is met dwelms en uit die skool geskors is, het Anna opgehou om kerk toe te gaan en alle verhoudings wat sy gehad het, beëindig. Sy was so skaam en het nie in staat gevoel om mense in die gesig te staar en hul herhaalde en baie vrae oor die situasie te beantwoord nie. Lede van haar selgroep het egter aanhou uitreik na haar, haar nie veroordeel nie, maar opreg belanggestel in haar welstand. Met verloop van tyd, ten spyte van die omstandighede met haar seun wat dieselfde gebly het, het sy weer hul boodskappe begin beantwoord, selfs oopgemaak oor haar pyn en selfbejammering laat vaar.

Gebed

Here Jesus, ek voel so in die versoeking om terug te trek wanneer ek oorweldig word. Ek bely dat ek nie altyd 'n moontlike 'uitweg' sien oor hoe dinge ooit weer beter kan word nie. Help my asseblief om positief te reageer op diegene wat in opregtheid na my uitreik. Help my om uit te reik na iemand wie saam met my kan bid en om vriende terug in my lewe toe te laat. Vul my met U hoop en help my om te glo dat genesing moontlik is.

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom die Strik van Selfbejammering

Selfbejammering is 'n vernietigende emosie wat in ons harte kan nesskop, veral wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Dit laat mens voel asof jy ‘n slagoffer is, totaal vergete en sonder uitkoms. Ook, dat jy jouself met ander vergelyk, hopeloos voel en aanhoudende negatiewe denke ervaar. Hierdie 7-dag oordenking sal jou help om die tekens van selfbejammering te herken, en jou toe te rus om dit te begin oorkom.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com